Geagte studente,
Neem asseblief kennis van die nuutste opname rooster wat u kan aflaai.
Geagte studente,
Neem asseblief kennis van die nuutste opname rooster wat u kan aflaai.
Studente, neem asb kennis dat die APA se eksamenrooster op die APA kalender verskyn. Volg die skakel https://www.apa.ac.za/apa-kalender/
Gaan na Mei/Juniemaand of Oktober/Novembermaand in die kalender waar u die geskeduleerde eksamenvakke en tye sal sien.
Volg die skakel vir gratis sagteware wat u kan gebruik om .mp3 klankopnames te verander in .amr of om die klankopnames van die webblad te verander na .mp3 indien so verkies.
Neem asb kennis dat alle geregistreerde studente van die APA 'n @my.apa.ac.za e-posadres ontvang het. Dit is die inligting wat u moet gebruik om op hierdie stelsel in te teken.
Studente en personeel:
U kan u wagwoord op die stelsel verander indien u dit vergeet het. Indien u probleme ondervind om op die blad in te teken, laat weet asb die IT afdeling by paul.mare@apa.ac.za.
Geagte studente,
na 'n besige oriënteringsweek wil ons van die Senaat se kant vir elkeen van ons nuwe eerstejaarstudente baie hartlik welkom sê by die APA. Baie dankie dat julle gekies het om by ons wonderlike instelling te kom studeer. Ons wens julle alle voorspoed toe op julle studie by die APA en nooi julle hartlik uit om met ons te praat as daar iewers hulp nodig is.
APA Groete
Namens die Senaat
Prof. Gerrit Smit
Puik gratis e-boeke beskikbaar vir onderwysstudente.
Christelike onderwys - Vakbenadering vir hoër- en laerskool onderwysers en Christelike onderwys - die taak en rol van die Christenonderwyser. Gepas in die doelstelling van die APA. Laai gerus hierdie gratis e-boek af met die komplimente van Christelike Media.
Hierdie is die nuwe tuiste van my.APA: die studente portaal van die AP Akademie.
Huidige studente se toegang tot hierdie blad sal teen 10 Januarie 2019 gereed wees. Nuwe studente vir 2019 se toegang sal gereed wees teen 25 Januarie 2019. Indien u enige vrae het of probleme ondervind, kontak asb. die APA Webmeester (dieapameester@apa.ac.za).